See all Job Seekers, Hantam Karoo & Upper Karoo, Northern Cape
 

White Male Seeks Permanent Management position in Hotel & Catering
Sutherland, Northern Cape - South Africa

White Male Seeks Permanent Management position in Hotel & Catering Sutherland, Northern Cape - South Africa

Available: 7 yrs, 3 ms ago
Contact: William ferdinand Immelman

Account Name: William ferdinand Immelman
User Since: 30/07/13
Ads Published: 1
Ads Active: 1
Email

White Male Seeks Permanent Management position in Hotel & Catering Sutherland, Northern Cape - South Africa

Description

Brief aan ‘n voornemende werkgewer

Ek is ‘n opgevoede Afrikaanssprekende enkellopende blanke man wat terugkyk na 40 wonderlike Somers wat agter my begrawe le. Ek is ongetroud en het geen afhanklikes. Ek het opgegroei uit ‘n Karooboerdery en beskik oor wye kennis aangaande skaap. Ek is opsoek na ‘n geskikte vakante vakature om te vul as ‘n Gasteplaas of Skaapplaasbestuurder iewers in die werelde van die Roggeveld, Die Tankwakaroo, Die Moordenaars of die Hantamkaroo. Ek beskik oor ‘n wye kennis van die Karoo, sy vergete geskiedenis en sy mense, sy stof en sy agterpaaie. My ouers en voorsate kom beide van hierdie merkwaardige werelde. Ek ken die karoovlaktes, sy hemelmooi nagte langs veldvure, verfraai met die aller helderste vuurvliegieliggies wat soms so naby skyn dat mens net jou hand kan uitsteek en daaraan raak, sy barheid, sy gulde ontvangs, sy tipe mens wat hy vertroetel, sy siesoene van lewe en die mooiste mooi wat hy in ‘n mensehart kom inbere.

Ek is ten volle tweetalig, rekenaargeletterd, welbelese en beskik oor uitstekende kommunikasie, administratiewe, bemarkings en organiseringsvermoee. Ek is entoesiasties, hardwerkend en iemand wat my alles gee vir ‘n saak waarmee ek my bemoei.Ek is meer as bereid om so geleentheid wat aan my gegun word met my positiewe insette, mensekennis, lewensondervinding, idees en lewenskennis te laat realiseer in een reuse suksesverhaal, maak nie saak hoeveel eise hierdie geleentheid aan my sou stel nie.

In ruil vir my dienste gelewer verlang ek gratis huisvesting en ‘n mededingende salaris, afhangende van waaruit die totale vergoedingspakket bestaan.

Ek is onmiddellik beskikbaar en kan diens so spoedig as moontlik aanvaar.

U is welkom om my per epos of per telefoon te kontak.

Hoop om so spoedig moontlik van u te verneem.

Die uwe

U moontlike voornemende werkopnemer


The Ad above is no longer available. You may be interested in these similar Ads.



Back To Top