See all Short Term Rentals, Klein & Groot Karoo, Western Cape
 

KKNK Verblyf
Oudtshoorn, Western Cape - South Africa

Available: 3 yrs, 2 ms ago
Contact: Manina Smuts
0833482615

Account Name: Manina Smuts
User Since: 28/02/14
Ads Published: 6
Ads Active: 1
Email

Description

De Kombuys Plaas nooi u hartlik uit om ‘n paar aande in ons knus plaashuisies te kom vertoef. Die huisies, gebou in die Kaaps-Hollandse styl, staan bo ‘n wingerd en bied ‘n betowerende uitsig oor die Swartberge. Ons verblyfopsie is ‘n geleentheid om die Klein Karoo in al haar skone eenvoud te beleef.

Elkeen van die twee plaashuisies beslaan ‘n slaapkamer met ‘n dubbelbed, ‘n badkamber met ‘n stort, en ‘n gemaklike leefarea met ‘n ingeboude kombuisstel. Die leefarea bied ‘n addisionele slaapopsie in die vorm van ‘n enkelbed. Dik kleimure en outydse skuifhaakvensters dra by tot die outentieke atmosfeer van die omgewing. Buite op die stoep braaifasiliteite; braai- en ontbytpakkies is beskikbaar op aanvraag.

De Kombuys Plaas is gelee in Schoemanspoort, 23 kilometer buite Oudtshoorn en drie kilometer vanaf die wereldbekende Kangogrotte. By De Kombuys volg ons ‘n organiese, eko-vriendelike benadering tot boerdery, met bedrywighede wat wynwingerde en weiding-gebaseerde beeslewering insluit. Ons filosofie is volhoubaarheid, en ons streef daarna om ‘n self-onderhoudende ekosisteem te skep waarbinne ons boerdery kan floreer.

Geinteresseerde besoekers mag dalk van ons eko-bedrywighede wil verken, soos die groot erdwurmplaas waarmee ons die vrugbaarheid van ons grond herstel. Ander besoekers wil dalk eerder net agteroorsit op die stoep terwyl hulle die rykdom aan voellewe in die omgewing geniet. Ons doel is om te sorg dat elke gas ‘n ontspanne en ‘n outentieke verblyfervaring het, naby aan die werklikheid van moeder aarde.

R550 per eenheid

Kontak vir meer besonderhede: 044 2727255 /  0833482615
manina@dekombuys.com


The Ad above is no longer available. You may be interested in these similar Ads.

Back To Top